VEILIGHEID EERSTE!

VEILIGHEID EERSTE!

Geagte AC Security Kliënte,

Julie 2020… die helfte van 2020 is verby. Die afgelope 6 maande, veral vanaf Maart 2020, was daar baie gebeurtenisse en veranderinge wat plaasgevind het. Regoor die wêreld het ‘n pandemie uitgebreek naamlik COVID-19 wat almal se lewens geraak het, asook die wêreld ekonomie.

Behalwe dat talle van ons geliefdes COVID-19 opgedoen en siek geword het, is daar talle wat ongelukkig ook afgesterf het. Ons meëgevoel gaan uit aan elke individu wat enigsins negatief geraak word deur enige van die direkte of indirekte COVID-19 nagevolge. Uiteraard is ‘n groot bekommernis vir ons ook ‘n toename in misdaad wat toegeskryf kan word aan ‘n styging van werksverlies.

Dit is vir ons belangrik dat u as leser konstantweg bewus is van u veiligheid waarookal u uself bevind. Gevolglik ‘n paar praktiese veiligheidswenke vir u veiligheid oor die algemeen:

  • Sluit aan by plaaswag of buurtwag en wees betrokke by enige veiligheidsforum.
  • Sluit aan by relevante veiligheids WhatsApp groepe.
  • Hou ‘n notaboekie byderhand, om enige verdagte persone, voertuie, registrasienommers by hekke, heinings en paaie aan te teken. Dit is baie belangrik om sulke inligting met die veiligheidsgroepe te deel.
  • Wees ten alle tye paraat, oplettend, ingelig en ingesteld op u veiligheid sowel as die van u bure.

VEILIGHEID BINNE EN RONDOM DIE HUIS

  • Belê in ‘n omheining wat doeltreffend werk om betreders buite te hou.
  • ‘n Goeie waghond binne en buite voeg altyd waarde toe!
  • Voldoende beligting rondom u woning verseker minder wegkruipplek vir betreders. Maak ook voorsiening vir wanneer daar kragonderbrekings plaasvind, sodat daar altyd ligte is wat brand wanneer dit donker is.
  • Installeer ‘n binne en buite alarm wat gekoppel is na ‘n SAIDSA goedgekeurde kontrole kamer.
  • Installeer diefwering by alle vensters en veiligheidhekke by alle uitgaande deure.
Noodknoppies
Genoegsame noodknoppies binne in die huis asook ‘n “Panic Remote”. AC Security monitor ook die MyLifeLine GPS Paniek “Pendant”
  • Raak van alle oortollige los eiendom ontslae wat “begeerlike trekpleisters” kan wees.
  • Sluit gereedskap weg in ‘n veilige plek soos bv. ‘n graaf ens.
  • Maak altyd seker dat alle selfone vol gelaai is en dat daar genoeg lugtyd op is.
  • Maak seker dat alle tweerigting radios se batterye gelaai is.
  • Oefen gereeld die noodplan van enige noodsituasie.
  • Hou bome, struike ens. kort sodat niemand daar kan wegkruip nie.
  • Toets gereeld alle alarms en paniekknoppies om te verseker alles is in goeie werkende toestand en dat alle seine deur gaan na ‘n SAIDSA goedgekeurde kontrole kamer.
  • Installeer kamera sisteem – kry die hulp van spesialiste in.

Leave a reply

AC Security

AC Security was founded in 1983 by its present owner and shareholder, Albert Conrad Kilian. It is one of the leading security service providers in the Boland area, extending to communities throughout the Western and Northern Cape. Read More

Contact Us

Security House
C/o Riebeeck & Church Streets
Worcester
Tel: 023 342 7050
Site by NetFirst Group